Ras Standaarde

As ʼn Witwol vleisskaap besit die Ile de France die voortreflike eienskappe van ʼn groot, diep, breed, goed gevleesde en gebalanseerde liggaamsbou. Die Ile de France is poenskop en het ʼn wit wolvag sonder gekleurde vesels. Onderstaande foto’s van die ideale Ile de France ram en ooi dien as illustrasie.

Bouvorm – 80%

 

1.KOP

(a)

Bek:  

Sterk & breed met goed ontwikkelde kake

 

Ongewens:

Spits bek.

 

Foutief:  

Misvormde bekke soos lang of kort onderkake of skewe bekke.

(b)

:

Groot, helder & lewendig

 

Ongewens:   

Dooierige uitdrukking en uitpeul oë

 

Foutief:  

Ingevoude ooglede

(c)

Ears:

Groot, breed & wakker

 

Ongewens:

Dun-, klein- & hangore 

 

Foutief:

Genetiese afwykings

(d)

Horings:

Poenskop

 

Ongewens:

Los horingknoppies by ramme

 

Foutief:

Ramme: Vaste horings/horingknoppe

Ooie: Prominente horingknoppe of los horings

(e)

Bedekking:

Die kop & ore moet bedek wees met sagte wit hare. Wol moet net tot die hoogte van die oogbanke gaan en moet ʼn goed afgeronde kuif vorm .

 

Ongewens:

Wol wat effens laer in gesig afkom en effense kaal koppe; die voorkoms van ʼn bietjie rooi en pienk velkleur op ore en om oë en kemp op kop .

 

Foutief:

Wolgesig nl. oordrewe wol aan wange en wol wat te laag afkom op die neus.  Waar wol in die gesig van lammers voorkom is daar ʼn moontlikheid dat die wol sal verdwyn wanneer die lam groter word.  Oormaat rooi en pienk op kaal ore of om oë.

(f)

 Algemene Voorkoms:

Die kop moet in balans wees met res van liggaam.  Heel vroulike koop by ooie en manlike kop by ramme.

 

Ongewens:

Ongebalanseerde koppe in verhouding met rs van liggaam.  Vroulike koppe by ramme en te fyn of growwe koppe by ooie .

   
2.NEK
 Ideaal:Nekke moet sterk, breed & kompak wees maar nie te kort nie.  Die nek moet goed aansluit by die kop, skouers en bors
 Ongewens:Klein plooitjies (voutjies) aan nek 
 Foutief:Groot plooie (kraagplooie) wat rondom nek gaan asook lang, dun nekke,  gedraaide-, stywe- en “U” nekke
   
3.VOORKWART
 Ideaal:Goed gebalanseerd in verhouding met res van liggaam.
(a)Bors:Breed, diep & prominent tussen voorbene.  By ooie minder ontwikkel as by ramme.
 Ongewens:Smal en\of ondiep bors 
(b)Skof & Skouers:Breed, goed gevleesd, gelyk met rug en goed aangeheg by middelstuk.
 Ongewens:Effens ongevleesd en smal skouers asook opgetrekte voorkwart 
 Foutief:Oormatige los of skerp skouers, geknyp agter skouers “duiwelsgreep”
   
4.MIDDELSTUK
(a)Rug:Reguit, breed, sterk en van middelmatige lengte
 Foutief:Te kort, krom  of hol rug
(b)Lende:Lank, breed, reguit, gelyk met rug en kruis en goed gevleesd.
 Foutief:Te smal of ongevleesde lende.
(c)Ribbes en Flanke:Goeie sprong van ribbes met goeie aansluiting by voor- ensagterkwarte.  Diep & vol flanke 
 Foutief:Opgetrekte agterlyf of lies
   
5.AGTERKWART
 Ideaal:Breë en egalige aansluiting by middelstuk en deurgaans goed gevleesd
 Ongewens:Agterkwart hoër as voorkwart by volwasse skape
(a)Kruis:Reguit met goeie lengte en breed oor die heupe.
 Foutief:Oormatige hang-kruis, dakkige kruis, spits- en smal kruis
(b)Heupe & Draaibene:Goed geplaas en gevleesd maar nie oormatig nie.
(c)Boude:Die buite-, binne- en agter-dye moet goed gevleesd wees soos ʼn omgekeerde vlak “U”-vorm
 Foutief:Swak gevleesde boude wat te hoog opsny tussen agterbene.
(d)Stertwortel:Stewig aangeheg aan kruis en effens laer as kruis
 Foutief: Te hoog of uitstaande stertwortel.
   
6.BENE & KLOUE
 Ideaal:Moet sterk, relatief regop en reghoekig onder liggaam geplaas wees met ʼn gemiddelde lengte en dikte van been.  Kloue sterk en goed gevorm. (Gekleurde kloue nie ongewens nie)  Kote kort en sterk 
 Ongewens:Lang dun bene;  effense bak agterbene en effense “X”-voorbene
 Foutief:Nou stand van voor of agterbene.  Koeihakkigheid, sekelvormige hakke of te regop hakke by agterbene; “X”-vormigheid by voorbene.  Te lank, te kort of te fyn bene.  Swak kootgewrigte (deurtrap).  Te wyd gesplete kloue en lang, uitgegroeide voor- of agterkloue.  Swart of bruin spikkels aan hare en wol van bene (“sandy legs”)
   
7.PIGMENT
 Ideaal:Ligte pienk vel oor die hele liggaam met bruin of swart ooglede en ooghare.  Klein swart en\of bruin kolle op vel; rondom bek, neusgate, oë,  uier of teelsak en onder stert is toelaatbaar 
 Ongewens:Klein kolle (kleiner as 3 cm) van swart- en bruin haarvesels rondom oë, ooglede, neusgate en aan ore.  Geen pigment om oog 
 Foutief:Enige gekleurde wolvesels of groot kolle van swart of bruin haarvesels in gesig  weg van bek, oë, ooglede, neusgate en nog groter kolle (groter as 3 cm) aan ore.  Swart of bruin spikkels aan hare of wol van bene
   
8.GESLAGSORGANE
(a)Teelballe:Albei moet van normale grootte en ewe groot wees.  Teelballe moet stewig en nie pap wees nie.
 Foutief:Buitengewoon klein balle; afwesigheid van balle of een normale bal en ander bal kleiner. Verhardings aan teelballe en\of stringe
(b)Teelsak:Goed aangeheg, gelykvormig en van normale grootte
 Foutief:Te laag hangend of te klein.  Erg gesplete sak, meer as 3 cm
(c)Uier:Goed gevormde uier met spene van normale grootte.
 Ongewens:Te klein of te groot en hangende uier.  Te groot of te klein spene
 Foutief:Afwesigheid van een of albei spene.  Net een funksionerende helfte of totaal bedorwe uier
   
9.LIGGAAMSMASSA
 Ideaal:Wenslike minimum massa in kilogram.  Indien die massas nie by die eerste keuring behaal word nie sal keuring uitgestel word. Indien die minimum massas by die tweede keuring nog nie behaal is nie sal die dier\e afgekeur word. (Sien Riglyne vir Seleksie)
   
10.LIGGAAMSMASSA RIGLYN
OuderdomRammeOoie
Geboorte3-5 kg3-5 kg
3 maande30 kg26 kg
6 maande45 kg35 kg
9 maande60 kg45 kg
12 maande75 kg50 kg
18 maande90 kg60 kg
Volwasse100 kg65 kg

 

Woleienskappe – 20%

11.ALGEMENE VOORKOMS

 

Fynheid:

Die fynheid is oor die algemeen ʼn medium wol met ʼn spintelling van 60’s tot 70’s (20 tot 27 mikron).  Verder is die wol ten opsigte van kwaliteit, lengte, vesel-dikte en digtheid so eweredig moontlik oor die hele skaap 

 

Kwaliteit:

Sover moontlik duidelik, egalige kartels met ʼn sagte aanvoeling sonder vreemde haarvesels en\of kemp.

 

Ongewens:

Onegalige kartels, reguit vesels, harde hantering en die aanwesigheid van vreemde vesels

 

Foutief:

Growwe en\of harde hare in die broek

 

 

 

12.PENS EN PUNTE
 Ideaal:Die wol op pens en punte moet goeie lengte, kwaliteit, digtheid, stapelformasie en kleur toon, veral by jong diere .
 Aanvaarbaar:By ouer diere (veral ooie) swak of kaal perise
 Foutief:Kaal bene net onderkant die onderlyn.  Kaal kop, pens en bene by jong diere (ongewisseld).   Afwykings in ras-standaarde wat as foutief aangedui word, word as prulfoute beskou