Dit is die missie van die Ile de France Genootskap om Ile de France Super Slaglamproduksie te bevorder – Kwaliteit vleis aan die verbruiker.
Ile de France Doelstelling
Die doel van die Ile de France Genootskap is om telers te ondersteun en aan te moedig in hul poging om die ras te verbeter. Deur te konsentreer op die ekonomiese aspek van teling en gebruik te maak van produksie aantekeninge kan diere met hoë vrugbaarheid, meerling eienskappe en goeie gewigstoename geidentifiseer word, om sodoende meer uitstaande karkasse te produseer:
Doeltreffende ooiproduksie – vrugbaarheid (ouderdom by geslagsrypheid, laminterval en kosepsietempo). Teelkragtigheid (aantal lammers gebore per dragtigheid). Moedereienskappe (melkproduksie en oorlewing van lammers tot en met speen
Verbeterde lamgroei – massa van lam (gemeet by speen per ooi eenheid). Karkas kwaliteit (gemeet teen uitstaande nasionale karkas kompetisie resultate)
Die Ile de France ras is ideaal om hierdie ekonomiese doelwitte te vervul