051 410 0900   june@studbook.co.za  

Ile de France Nuus

 

Nuwe Goudveld Ile de France Klub

Op 11 Maart 2017 is 'n nuwe klub in Gauteng gestig wat bedryf sal word as die Ile de France Goudveld klub. Aan die stuur van die klub is die persone wat sit, van links: Deegan du Plessis, Eddie Sloan, Flip Engelbrecht en Mitch van den Bos. Namens die Ile de France Genootskap wil ons lede en bestuur baie geluk en voorspoed toewens.

IDF Goudveld

Bemarkingsveldtog na Botswana

Botswana het die Ile de France genootskap van Suid-Afrika uitgenooi om die naweek van die 24ste Oktober n voorlegging oor die Ile de France ras by hul werkswinkel te gaan doen.

Gerrit Erasmus, Bossie Clarke en Herman Labushagne van Stamboek het Vrydag die 23 ste na Botswana vertrek. In Lobatse is ons ontvang deur mnr. Aobakwe van Botswana se Sheep Breeders Assosiation.  Die middag het ons n skaapplaas net buite Lobatse besoek.  Daarna is ons na Gaberone, waar ons oornag het.

Die volgende oggend 9 uur het die werkswinkel begin en ongeveer 70 mense het dit by gewoon. Mnr. Bossie Clarke het n baie goeie voorlegging oor die Ile de France ras gedoen en Mnr. Herman Labushagne het die mense meer ingelig oor Stamboek se werksaamhede in Suid-Afrika. 

Die middag het ons weer na n plaas buite Lobatse vertrek waar daar reeds met Ile de France skape  geboer word.  Daar is boerdery bestuur en rasstandaarde prakties gedemonstreer. So 30 mense het die praktiese demonstrasie by gewoon. Die Sondag oggend is ons terug na Suid-Afrika.

Ons was baie goed  ontvang in Botswana en is die hele naweek op die hande gedra.
Die terugvoer , belangstelling en navrae van Botswana boere was oorweldigend.

Mnr. Aobakwe is reeds besig om die volgende werkswinkel te beplan.  Daar le vir ons n goeie mark in Botswana en kan beslis vir ons ras n hupstoot gee.

© Ile de France. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Ile de France.