051 410 0900   june@studbook.co.za  

Kragdag Slaglamkompetisie  GO BACK
START DATE: 08 Aug 2019 - PLACE: Rayton

 


ILE DE FRANCE bewys homself weereens as die SUPER SLAGLAM KONING!

Tydens afgelope Kragdag Slaglamkompetisie naby Rayton, het die Ile De France sy status as Slaglam Koning gestand gedoen deur skoonskip te maak in die kompetisie.

Eienskappe waaraan karkasse moet voldoen om te presteer in die kompetisie vir die perfekte karkas en gevolglik uitsonderlike vleissnitte sluit in:

  • Hoë uitslagpersentasie
  • Goeie vetverspreiding
  • Geen oormatige vetneerlegging
  • Uitstaande bouvorm
  • Goeie spierontwikkeling
  • Ideale karkas gewig

 

In die Enkelkarkas afdeling was die eerste 10 plekke Ile De France lammers. Die kampioenlam is ingeskryf deur Hageland Stoet van Klerksdorp. Tweede en Derde plekke is verower deur Regina Harmse, RCH Stoet, van Ermelo.

 

In die groepkarkas afdeling het Regina Harmse, RCH Stoet die Kampioen groep ingeskryf en 'n tweede en derde plek is deur Hageland Stoet behaal.

Veels geluk aan al die vertoners.

 

Die missie van die Ile de France Genootskap:


Om Ile de France Super Slaglamproduksie te bevorder – Kwaliteit vleis aan die verbruiker!

Kampioen enkelkarkas -

Kampioen enkelkarkas

Kampioen groep -

Kampioen groep



EVENT INDEX  UPCOMING EVENTS  BACK TO TOP

© Ile de France. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Ile de France.