051 410 0900   june@studbook.co.za  

1ste SA Ile de France Produksieveiling  GO BACK
START DATE: 01 Apr 2017 11:00 - END DATE: 01 Apr 2017 - PLACE: Bloemfontein Skougronde

 

 

Duurste Ram
v.l.n.r- Jan Mostert (Afslaer); AJ Jonker (Koper van duurste ram); Sune’ Erasmus (Verkoper van duurste ram); Gert Erasmus (Verkoper van duurste ram)

 

R 22 000 vir ‘n ram op die 1ste Suid-Afrikaanse Ile de France produksieveiling.

Die Ile de France Genootskap het op Saterdag 1 April 2017 hulle 1ste Produksieveiling aangebied te Bloemfontein Skougronde. 

Die duurste ram van die dag was verkoop vir R22 000 aan Ossie Jonker van Bloemhof; die verkoper was Gerrit en Louresa Erasmus van Stella. ‘n Totaal van 33 geregistreerde ramme was aangebied en 32 ramme was verkoop teen ‘n gemiddeld van R 8 105. Die duurste geregistreerde stoet ooi is verkoop vir R 6 000 aan Yvonne Alphen van Hobhouse; die verkoper was Elzette van Rooyen van Clocolan. Die gemiddeld van die stoet ooie was R 4 541 gewees.

Die hoogste prys van R 2 900 is betaal vir ‘n groep dragtige kommersiele ooie, die koper was Arno van Rensburg van Windsorton; die verkoper was La Patience Boerdery. Die gemiddeld op die dragtige ooie was R 2 633.

Die veiling is aangebied deur BKB Louwid Kroonstad, en Jan Mostert het as afslaer opgetree.
 


 

Results of the 1st SA ILE DE FRANCE Production sale held at Bloemfontein show grounds on the 1st of April '17 . Thank you to all buyers who supported the auction. Congratulations to Gerrit & Louresa Erasmus of Stella (seller) and Ossie Jonker (buyer) with the highest priced ram.

SP rams R 8,105 R 22,000
SP ewes (pregnant) R 4,540 R 6,250
SP ewes (open) R 3,473 R 4,250
Commercial ewes (pregnant) R 2,633 
Commercial ewes (open) R 2,002



EVENT INDEX  UPCOMING EVENTS  BACK TO TOP

© Ile de France. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Ile de France.